www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Papirus/Perkament
Papirus • Perkament
Papirus
Papirus is ‘n rietsoort wat in Egipte in water groei. Daaruit is ‘n skryfblad gemaak wat ook papirus genoem is. Dit is in rolle opgerol om gebêre of vervoer te word. Wanneer ons in die Bybel die woord “boek” teenkom (2 Tim 4:13; Op 1:11), verwys dit gewoonlik na sulke rolle. Daar was nog nie boeke soos ons dit vandag ken nie. Papirus was die belangrikste skryfmateriaal van die vierde eeu voor Christus tot die sewende eeu na Christus. Die oorspronklike geskrifte van die Nuwe Testament was op papirus geskryf. Ons woord “papier” kom van hierdie woord af.
Die Groot Geloofswoordeboek: Panteïsme en Panenteïsme
Panteïsme
Dit kom van twee Griekse woorde: pas (alles), theos (God). Dit is die gedagte dat alles eintlik God is en God alles. God en die heelal is identies. Daar is godsdienste soos die Hindoeïsme wat sterk hieroor voel. Die Judaïsme, die Christelike godsdiens en die Islam maak egter ‘n duidelike onderskeid tussen God en die werklikheid. Net God is God en Goddelik. Alle ander dinge is sy skepsels.
Die Groot Geloofswoordeboek: Onsigbare/Sigbare Kerk
Onsigbare kerk • Sigbare kerk
Daar is mense wat graag werk met hierdie onderskeid: sigbare en onsigbare kerk. Dit word gewoonlik so verstaan dat die sigbare kerk die amptelike ledetal van elke gemeente is, die boeklidmate. Die onsigbare kerk is die ware gelowiges. En die twee groepe is nie identies nie. Daar kan nie te veel fout gevind word met so ‘n onderskeid nie, behalwe dat dit nooit bedoel was om so te wees nie. Almal wat formeel aan die kerk behoort, is veronderstel om gelowiges te wees.
Die Groot Geloofswoordeboek: Opstanding
Opstanding
- Jesus se opstanding Algemene opstanding Opstandingsliggaam Verheerliking
Daar is ‘n sin waarin die opstanding van Jesus die belangrikste element van die evangelie is. Dit is net van Jesus se opstanding dat Paulus sê ons kan maar die kerkdeure toemaak as Hy nie opgestaan het nie (1 Kor 15:12 ev). En daar is geen manier om sy opstanding te vergeestelik asof Hy net in ons harte opgestaan het terwyl Hy nooit regtig uit die graf gekom het nie. (*”Nuwe Hervormers”, *Leë graf) Die Jode van die tyd van Jesus het te fisiek oor ‘n mens gedink om enigsins van opstanding te kon praat terwyl sy liggaam nog in die graf is.