www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Onafhanklike Kerke in Afrika
Onafhanklike kerke in Afrika
- Separatistekerke
- Sionistekerke
- Zion Christian Church
Die onafhanklike kerke in Afrika is ‘n groot groep kerke onder swart mense wat ook soms separatistekerke of inheemse kerke genoem word.
Die Groot Geloofswoordeboek: Nuwe Hervorming
“Nuwe Hervorming” • Jesusseminaar
Daar is ‘n groep teoloë in ons land wat hulleself die “Nuwe Hervormers” noem. Hulle wil daarmee aandui hoe belangrik hulle werk is, so belangrik soos dié van die Kerkhervormers in die sestiende eeu. Dink maar net aan Luther en Calvyn. Watter geweldige werk het hulle nie gedoen om sekere aspekte van die evangelie weer na vore te bring nie. (*Hervorming)
Die Dissipel vir wie Jesus baie lief was – Jan van der Watt
Christine vra:
Daar word telkens verwys na “Die dissipel vir wie Jesus baie lief was”. Waarom sou u sê word die dissipel se naam nooit genoem nie? Groete, Christine
Die Groot Geloofswoordeboek: Nuwe Aarde
Nuwe aarde
(*Hemel, *Wederkoms)
Die verwagting van ‘n nuwe aarde kom ‘n paar keer in die Bybel voor (Jes 66:22 ev; 2 Pet 3:13; Op 21:1 ev). Daarmee saam kry ons die belofte van ‘n nuwe Jerusalem (Op 21:2 ev), wat ook al in Jesaja 65:18 ev veronderstel word.