www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Modernisme
Die Modernisme staan tussen die vroeëre Antieke Tye en die hedendaagse *Postmodernisme. Daar is baie maniere om hierdie tydperke teenoor mekaar te stel. Teenoor die onderdanigheid aan gesag wat kenmerkend van die
Die Groot Geloofswoordeboek: Middelaar
Die woord “middelaar” word gebruik vir iemand wat in die middel staan om twee partye weer bymekaar te bring. Dit word vir Christus gebruik om sy rol aan te dui om die mense met God te versoen.
Die Groot Geloofswoordeboek: Metodis
Metodis • Metodistekerk
‘n Metodis is óf lid van die Metodistekerk (Methodist Church), of iemand met dieselfde oortuigings as die Metodiste. Daar is ‘n groot verskeidenheid Metodistekerke veral in Engeland en Amerika. Daar is selfs ‘n paar wat nog as Wesleyaanse Kerke bekend staan.
Die Groot Geloofswoordeboek: Messias, Christus, Gesalfde
Messias/Christus/Gesalfde
- Seun/Nasaat van Dawid Messiaanse profesieë Seun van God
Die Afrikaanse woord “Gesalfde” is ‘n vertaling van die woord “Messias”, en die Griekse woord “Christus”. Die gedagte van ‘n gesalfde kom van die gebruik in die Ou Testament om sekere mense te salf as hulle in ‘n besondere diens van God gestel word.