www.bybelkennis.co.za Blog
Fauna en flora in die Bybel (1) – Jan van der Watt
Die Bybelverhale speel hoofsaaklik in die lande rondom die Middellandse See af, asook gedeeltelik in die huidige Irak en Iran. Dit is interessant om te sien hoe hulle die natuur beleef het en aan watter plante hulle gewoond was. Ons gaan in die volgende klompie kere ʼn bietjie by die fauna en flora van die Bybelse tyd stilstaan.
Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (10) – Jan van der Watt
Die familie moes aan die lewe bly
Byna 80% van die mense van destyds was dagloners wat maar elke dag vir ʼn werkie gaan soek het. Ons lees byvoorbeeld hoe die eienaar van ʼn stuk grond mense op straat gaan huur het om vir hom te werk (Matteus 20 ).
Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (9) – Jan van der Watt
Waardes was groepwaardes 3
Nog ʼn belangrike waarde vir die Mediterreense mens was eer. Eer was iets wat jy in die oë van ander gehad het; dit is wat hulle van jou gedink het.
Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (8) – Jan van der Watt
Waardes was groepwaardes
ʼn Groep wat verdeeld is, kan nie standhou nie (Markus 3:24). Daarom is twis, onmin en onvrede binne ʼn groep ʼn baie groter probleem in die Bybel as wat dit vir ons moderne mense is (Jakobus 4; 1 Korintiërs 1:10-17).