www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die ware kerk
Die Christelike kerk het vier besondere eienskappe: algemeenheid, Christelikheid of apostolisiteit, heiligheid en eenheid. Maar hierdie eienskappe is tegelyk ook vermanings en uitdagings waarna ons met aandag moet luister. Die vraag sal elke keer wees of die kerk, en dan spesifiek die kerkgenootskap waaraan ons behoort, regtig hierdie kenmerk duidelik vertoon, en of ons nie baie ernstig daaraan moet werk om duideliker te wees wat ons veronderstel is om te wees nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Drome
Drome het altyd aandag getrek, miskien juis omdat hulle meestal so onwerklik is. In byna alle godsdienste het drome besondere betekenis. Sielkundig is heelwat gedoen om te verduidelik hoe drome ontstaan. Dit het meestal te doen met buitengewone ervarings wanneer mense wakker is. Soms heg Christene ook besondere waarde aan hul drome, en die vraag is of dit regtig nodig is.
Die Groot Geloofswoordeboek: Goddelikheid van Christus
Die Goddelikheid van Jesus was van vroeg af onder Christene ‘n omstrede saak. Daar was in die vierde eeu die bekende stryd rondom *Arius wat Jesus wel baie hoog geag het, maar Hom net beskou het as die eerste (en daarom ook die belangrikste) skepsel van God.
Die Groot Geloofswoordeboek: Die Goddelikheid van die Heilige Gees
Die Goddelikheid van die Heilige Gees
Oor die *Heilige Gees bely die kerk dat ook Hy God is, en verder dat Hy ‘n Persoon is, en nie maar net ‘n Goddelike krag of die onpersoonlike krag van God nie. Dit beteken dat die Gees nie maar net die onpersoonlike krag of invloed van God is nie, maar ‘n Goddelike Persoon.