www.bybelkennis.co.za Blog
Argeologiese tydperke – Daan Pienaar
Ons begin met ‘n kort oorsig oor die verskillende argeologiese tydperke. Daarna kyk ons na wat argeologie is. Verskeie definisies word genoem. Elkeen beklemtoon ‘n besondere aspek van argeologie. Daarna word spesifiek na Bybelse argeologie gekyk. Dit is die wetenskap wat hom besig hou met die ontdekking en sistematiese studie van die materiële kultuurreste wat betrekking het op die Bybelse tye en lande.
Inleiding: Waarom is dit belangrik om ‘n studie van Argeologie te maak? – Daan Pienaar
Die Bybel bied vir ons ʼn skriftelike weergawe omtrent die geskiedenis van individue, volkere en later ook die kerk. Die argeologie vul aan. So verwys die Bybel na Baälaanbidders en Fariseërs, maar gee min besonderhede oor hulle. ʼn Sekere voorkennis word aanvaar. Vandag kyk ons na waarom dit belangrik is om ʼn studie van argeologie te maak.
Prof Daan Pienaar Daan Pienaar is emeritus professor van die Departement Bybel- en Godsdienskunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy het ‘n doktersgraad in Semitiese Tale aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Die titel van sy proefskrif was: Die...
Die Wegraping – Waar het dit begin? – Dirk Venter
Theo Visser vra:
Ek lees die artikels oor die Wegraping met groot belangstelling . Dit bevestig wat ek ook glo . Wat ek graag sal wil weet, is waar het die leerstelling van die Wegraping begin het ? Dit was sover ek kan agterkom nie ‘n leerstelling in die vroeë kerk nie, maar het nie baie jare gelede posgevat nie . Is dit korrek om hierdie afleiding te maak.