www.bybelkennis.co.za Blog
TBN TV – Vraag
Marguerite van Niekerk vra:
Die TBN TV kanaal (op DSTV) het my baie verwar en onseker laat voel. Moet ek as kind van God daarna kyk? Is dit nie teenstrydig met die Woord van God nie? Baie dankie vir die diens. Ek dink mense het regtig n behoefte daaraan.
Die idee van die wegraping [5] – Dirk Venter
Ander teksgedeeltes waarby die wegraping ingelees word
- 2 Tessalonisense 2:6-8 – die een wat die wettelose teëhou. Wanneer die wegrapingsidee van buite af by hierdie teks ingelees word (want, net soos in die geval van Matteus 24:36-44 en ander teksgedeeltes, gee die teks self geen aanduiding daarvan nie), word daar veronderstel dat die kerk die een is wat die wettelose (antichris) teëhou, en dat die manier waarop die kerk “uit die weg” geneem word, die wegraping is.
Die idee van die wegraping [4] – Dirk Venter
Ander teksgedeeltes waarby die wegraping ingelees word
Benewens die kern-teksgedeeltes waarop die wegrapingsidee geskoei word (1 Tessalonisense 4:17; Matteus 24:15-28 plus Daniël 9:24-27), word die idee ook by ʼn aantal ander teksgedeeltes ingelees. Die vernaamstes hiervan word hieronder gegee, en daar word kortliks genoem waarom hierdie teksgedeeltes nie op die wegraping dui nie.
Die idee van die wegraping [3] – Dirk Venter
Teksgedeeltes waarvan die bedoeling verkeerd verstaan word, wat bymekaar gevoeg word, en dan die wegrapingsidee vorm
- Matteus 24:15-28 plus Daniël 9:24-27 – die groot verdrukking (sewe jaar lank)
Die tweede teksgedeelte wat onbedoeld verkeerd uitgelê word en by 1 Tessalonisense 4:16-17 getel word om die wegrapingsidee verdere gestalte te gee, is Matteus 24:15-18 (saamgelees met Daniël 9:24-27). Daar is geen twyfel daaroor nie: hierdie teksgedeelte waarsku gelowiges dat die aktiwiteit van die bose en die gevolglike swaarkry op aarde ʼn hoogtepunt sal bereik net voor die Wederkoms (Matteus 24:29). Matteus 24:21 noem dit “‘n groot verdrukking… soos wat daar van die begin van die wêreld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie”.