Paulus se gehoor
“Our anxiety does not empty tomorrow of its sorrows, but only empties today of its strengths.” C. H. Spurgeon
Paul Copan en Kenneth D. Lidwak ( The Gospel in the Marketplace of Ideas) gebruik Paulus se besoek aan Atene (Handelinge 17) om gelowiges te help om in so ‘n multikulturele wêreld die evangelie te verkondig. Hulle vergelyk Atene in Paulus se tyd met ons eie wêreld en vind heelwat ooreenkomste. Ons gaan ‘n paar blogs hieraan spandeer.
Paulus se toesprake in Handelinge verskil van mekaar. Hoekom hou hy nie elke keer dieselfde toespraak nie? Omdat sy gehoor en die omstandighede elke keer veskil het en hy pas sy toesprake daarby aan. Jesus het natuurlik dieselfde gedoen – lees net sy gesprek met Nikodemus en met die Samaritaanse vrou. Natuurlik sal daar sekere gemeenskaplike temas wees.