Ek word gou kwaad
“The more we pray, the more we shall want to pray. The more we pray, the more we can pray. The more we pray, the more we shall pray. He who prays little will pray less, but he who prays much will pray more. And he who prays more, will desire to pray more abundantly.” C. H. Spurgeon
Ek word kwaad
Die Bybel sê heelwat oor kwaad word. Soms is ons kwaadword geregverdig – as daar ongeregtigheid en boosheid ter sprake is. Soms word ons kwaad omdat ons voel iemand het ons te na gekom. Maar dikwels lei ons kwaadword tot haat en bitterheid. In die Bybel kry ons sekere waarhede oor kwaad word.
- Kwaadword word nie deur ander mense of omstandighede veroorsaak nie – dit kom uit ons eie harte
Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery (Matteus 15:19).