Die gemeentegroei beweging
Truth has no degrees or shades. A half truth is a whole lie, and a white lie is really black. — John MacArthur
Die gemeentegroei beweging
C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
As mense saam werk, lewe, eet, skoolgaan, leer, speel, ens – as mense naby aan mekaar is – groei gemeentes dikwels buite die mure van die kerkgebou. Die kerkgroei beweging gebruik insigte van die sosiale en gedragswetenskappe om metodes te ontwikkel om die evangelie aan spesifieke teikengroepe te verkondig. Die metodologie, formules en kwantifiseerbare resultate word beklemtoon. Dit lei tot ‘n plaaslike tegnokrasie, sterk bo-na-onder leierskap, lae van bestuur, meer spesialisasie, meer vertroue op die toepassing van die wetenskaplike metode in elke gemeente.