Little learning and much pride come of hasty reading. —C.H. Spurgeon
Ek soek God se wil
Wat is God se wil vir my lewe? Dit is ‘n vraag waarmee baie van ons worstel. Ons word bang as ons aan ons toekomsplanne dink. Hoe weet ek wat is die regte besluit? Ons glo dat as ons net lank genoeg en hard genoeg soek, sal ons weet wat om te doen.
In sy boek Just Do Something sê Kevin DeYoung dat ons nooit God se wil vir ons toekoms sal kry nie. Wat hy sê, is: ons is vry van die las om God se plan te probeer vasstel voor die tyd. Die lewe is nie ‘n doolhof wat ons moet navigeer om by die eindpunt uit te kom nie. Nee. God vra dat ons Hom om al die draaie moet vertrou. Ja, God is in beheer van my lewe; Hy het spesifieke planne vir my toekoms, maar Hy verwag nie dat ek al die besonderhede van sy plan moet ken voor ek daar kom nie. Dit is nutteloos om na iets te soek wat God nie wil openbaar nie.