www.bybelkennis.co.za Blog
Did Jesus say to Lazarus that if he did his best he would give him a lift so that together they would get him out of his grave? – C. Van Til
Geloof en werk: Kan dit geïntegreer word?
Hoe weet ek God wil hê ek moet daardie werk aanvaar? Hoe praat ek met my medewerkers oor Jesus? So kan ons aangaan. Doen gemeentes genoeg om hulle lidmate vir die lewe buite die kerkmure toe te rus? Die probleem is dat daar baie probleme is hiermee. Wat is die belangrikste hindernisse wat kerkleiers ondervind?
- Beperkte opleiding. Leraars en kerkleiers wil dikwels lidmate help, maar hulle is nie daarvoor opgelei nie – hulle is onseker oor wat hulle moet doen.
We know how hypocrites loudly call on God whenever they desire relief from their distresses, and yet shut up their hearts by wicked obstinacy. — John Calvin Luther en rykdom In sy lesings oor Genesis sê Luther onder andere:...
In what prison could any of us be more straitly shut up than in our own unbelief? — John Calvin
Invloed: goed of sleg
Almal het invloed. Almal beïnvloed iemand anders. God verwag dat ons baie goeie rentmeesters van daardie invloed moet wees – vir sy koninkryk. Hy gee nie aan ons invloed vir selfsugtige doeleindes nie, maar sodat ons die Goeie Nuus oor Hom kan versprei. God verwag van ons om koninkryksbouers te wees. Maar wat is ‘n koninkryksbouer?
- Hy het ‘n groot doel om voor te lewe. Christene het dié grootste doel van almal – om mense na Jesus toe te bring. Koninkryksbouers is toegewy aan die Groot Opdrag en die Groot Gebod.
- Hy leef volgens baie belangrike beginsels. Hy trek sy wysheid uit ‘n ander Bron as ander – God se ewige waarheid soos in die Bybel geopenbaar.
- Hy leef in groot krag. Dit is die krag van die inwonende Heilige Gees wat hom elke tree van die pad lei.
- Hy leef saam met groot mense. Hy is deel van die geloofsgemeenskap. Daar word hy bemoedig en daar word hy aanspreeklik gehou.
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Huishoudelike Aktiwiteite(1) – Hennie Stander
In die Bybelse tyd het die meeste mense vroeg opgestaan, selfs nog voordat die son opgekom het. Sodoende kon hulle die tyd wat dit lig was ten volle benut en ook rekening hou met die uitermatige hitte van die middagson wanneer ‘n mens nie veel kon uitrig nie. Ons lees dat Abraham vroeg opgestaan het om God se opdrag ten uitvoer te bring, naamlik om sy seun Isak te gaan offer (Genesis 22:3); Moses het vroeg opgestaan en die Sinaiberg uitgeklim om God daar te ontmoet (Eksodus 34:4); Job het vroeg in die more brandoffers gebring vir sy kinders vir ingeval hulle teen God gesondig het (Job 1:5); ook Jesus het vroeg opgestaan om op ‘n eensame plek te gaan bid (Markus 1:35).