www.bybelkennis.co.za Blog
Verbiage is too often the fig leaf which does duty as a covering for theological ignorance. ~ C. H. Spurgeon
God se genade
Soms is dit nodig om God se genade te verdedig – veral teenoor onsself. Aan die einde van sy eerste brief skryf Petrus: Ek het geskrywe om julle te bemoedig en julle te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan hierin vas! (5:12). Die kort briefie van Judas help ons. Hy waarsku die kerk teen sekere mense wat ongemerk hulle geledere binnegedring het. Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle is goddelose mense en sal veroordeel word. Judas waarsku die kerk teen dwaalleraars, en ons kan hierdie waarskuwings te harte neem.
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(6) Hennie Stander
Water
Water is altyd saam met brood gesien as dit wat noodsaaklik is vir die menslike bestaan (1 Samuel 25:11; 1 Konings 18:4). Juis daarom het stede ook ontstaan in die nabyheid van waterbronne. So ‘n put of fontein was gemeenskaplike besit en die vrouens het die water daarvandaan na hul huise gedra. ‘n Mens wat sy eie put gehad het, was baie bevoorreg en ons lees dat koning Sanherib van Assirië aan die Israeliete beloof het dat, indien hulle hulself aan hom sou oorgee, elkeen sy eie put sou hê (2 Konings 18:31). ‘n Goed toegeruste huis het ook sy eie sisterne (opgaarbakke) gehad waarin reënwater opgevang is.
He is no fool who gives up what he cannot keep to gain what he cannor lose – Jim Elliot
Is die Bybel ons enigste belydenisskrif?
Daar is geen ander belydenisskrif as die Bybel nie. Dit is ‘n stelling wat ons algemeen hoor. Carl Trueman in sy boek The Creedal Imperative, sê dat hierdie stelling nie akkuraat is nie, maar ook nie wys nie. Tog is mense vandag toenemend suspisieus oor belydenisse. Baie mense verwerp belydenisskrifte al het hulle nog nooit Die Apostoliese Geloofsbelydenis of die Belydenis van Nicea gelees nie.
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(5) – Hennie Stander
Die dak
Die dak was gewoonlik plat en ook nie baie hoog van die grond af nie. Dit is gevorm deur balke oor die mure te lê en dit met klein takkies en lower te bedek. Daar is dan ‘n laag modder, wat soms met kalksteen of klippies gemeng is, bo-oor hierdie basis gegooi. Hierdie dakke het gou groen geword vanweë al die saad wat op die dak ontkiem het. Die saad was waarskynlik teenwoordig in die modder wat op die dak gebruik is en verder het dit gekom van die produkte wat op die dak uitgedroog is. Ons lees in verskeie plekke in die Bybel van hierdie groen uitspruitsels op die dak van die wonings, naamlik in 2 Konings 19:26; Psalm 129:6 en Jesaja 37:27.