Godsdienstige Pluralisme (2)
A Christian sermon is one that will cause you to be thrown out of a synagogue or a mosque – Jay Adams
Godsdienstige Pluralisme (2)
Godsdienstige pluralisme is vandag ‘n ernstige probleem vir die kerk. Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie probleem spandeer.
Die onderliggende intellektuele en sosiale transformasie van die afgelope eeue lei tot ‘n kultuurverskuiwing waarin pluralisme aanvaarbaar is. Die ooglopendste faktor is die bewustheid in die Weste van godsdienstige diversiteit. Ons word meer en meer aan ander godsdienstige tradisies blootgestel – reise oorsee en die Internet.