Christene moet groei – Gebed
Let us believe that when the need comes the help will come also. Let us not carry our crosses before they are laid upon us – J. C. Ryle
Christene moet groei – Gebed
R. C. Sproul het ‘n kort boekie – Five Things every Christian needs to grow – geskryf. Hierin identifiseer hy vyf dinge waarin ‘n Christen moet groei. Ons gaan ‘n paar blogs hieraan spandeer.
Hoekom moet ons bid? Daar is baie antwoorde op hierdie vraag – ons gaan op drie fokus:
- Gebed as plig
Die Bybel maak dit baie duidelik dat God se mense opgeroep word om te bid. In die Ou Testament kry ons baie voorbeelde van mense wat gebid het. Dink maar net aan Hanna wat God gesmeek het vir ‘n seuntjie – tot so ‘n mate dat Eli gedink het dat sy dronk was (1 Samuel 1:8 – 18). Dink aan die gebed van Maria – die Magnificat (Lukas 1:46 – 55). Die Psalms is grotendeels ‘n versameling van gebede. Jesus self het gereeld gebid. Gebed is ‘n plig.