Wêreldsiening: Is enigiets objektief goed of sleg?
To exhibit God’s righteous anger, you must be angry at sin wherever you find it—especially in yourself. —Winston Smith
Wêreldsiening: Is enigiets objektief goed of sleg?
James N. Anderson het ‘n baie interessante, interaktiewe boek geskryf: What’s your Worldview? Ek gaan onder andere hiervan gebruik maak in ‘n aantal blogs.
Baie stellings sluit waardeoordele in: Aborsie is verkeerd. Hier word ‘n evaluering van die feite gemaak. Ons oordeel dat sekere dinge goed is en ander dinge sleg is, sekere dinge is reg en ander is verkeerd … almal van ons maak gereeld waardeoordele – dit is ‘n noodsaaklike eienskap van die menslike lewe.
Is enigiets objektief goed in die sin dat dit goed is onafgesien wat ander daaroor dink, hoop of voel? Sekere mense voel dat alle waardeoordele relatief en subjektief is – hulle is uitdrukkings van mense of die kultuur se voorkeure.