www.bybelkennis.co.za Blog
“The Dogmatic Theologian who does not find that his work drives him to pray frequently and urgently from his heart: ‘God be merciful to me a sinner,’ is scarcely fit for his job.” – Emil Brunner
Ons word oud
J. I. Packer het onlangs ‘n kort boekie oor oud word geskryf: Finishing our Course with Joy. Ek gaan ‘n hele aantal blogs oor oud word skryf en van hierdie boek gebruik maak
Kan ou mense nog vir God verheerlik? Dit hang af van hoe ons ouderdom beskou. Algemeen word aanvaar dat ouderdom ‘n proses van verlies is: krag van beide liggaam en denke word verminder; die vermoë om vorentoe te beweeg, word drasties ingeperk. Meer as vier eeue gelede het Shakespeare in As You Like It die sewe tydperke van die mens se lewe beskryf. Hy eindig met:
“No speech, no word, is adequate to the mystery of God as person.” – Emil Brunner Mites oor angs en depressie Angs en depressie is algemene verskynsels in die moderne lewe. Ten spyte van al ons kennis is daar...
“Revelation is…never the mere communication of knowledge, but it is a life-giving and a life-renewing communion.” – Emil Brunner
Geestelike blindheid
Lukas 24:13 – 35
Die verhaal van die Emmaus-gangers is ‘n verhaal van sig en blindheid – gelukkig geneesbare blindheid. Toe Jesus by die twee dissipels op die pad aangesluit het, is hulle oë verhinder om Hom te herken – vers16. Hulle onvermoë om Jesus te herken, het met geestelike blindheid te doen. Alle mense is blind as dit kom by Jesus wat opgestaan het. Die vraag is: Wie is gewillig om genees te word?
- Wat is die oorsake vir geestelike blindheid
Geestelike blindheid is ‘n algemene probleem. In sy ongelooflike lied – Amazing Grace – skryf John Newton: “I once was blind, but now I see.” Om God se genade in Jesus Christus te vind, is om weer te kan sien na ‘n tyd van blindheid. Geestelike blindheid is nie beperk tot mense buite die geloofsgemeenskap nie. Dit kan binne die gemeenskap ook gebeur.
“In all the various forms of revelation, there is one meaning: Emmanuel, God with us.” – Emil Brunner
Ons sing nie in hierdie gemeente nie!
Huldreich Zwingli, die bekende Hervormer van Switserland, het baie veranderinge in die eredienste in sy gemeente in Zürich aangebring. Die radikaalste was waarskynlik dat hy alle musiek – instrumenteel en vokaal – tydens eredienste verbied het. Dit is eienaardig, want Zwingli was ‘n erkende musikus – hy kon tien verskillende musiekinstrumente bespeel en kon ook goed sing. In 1525 verbied hy koorsang in die gemeente en in Desember 1527 word die orrel afgebreek. Hoekom?