Het Jesus waarlik opgestaan?
You never have to drag mercy out of Christ, as money from a miser. —C.H. Spurgeon
Het Jesus waarlik opgestaan?
William Lane Craig William Lane Craig is Navorsingsprofessor in Filosofie aan die Talbot School of Theology. Ek gaan baie gebruik maak van sy boekie: Did Jesus Rise from the dead.
Die Christelike geloof is op ‘n merkwaardige aanspraak gebou – ‘n historiese persoon, Jesus van Nasaret, het uit die dood opgestaan. Is dit ‘n geloofwaardige aanspraak? As ons hierdie aanspraak benader, doen ons dit gewoonlik met sekere aannames. In hierdie geval is daar twee van belang:
- Die bestaan van God – daar is ‘n God.
- Ons het heelwat agtergrondinligting oor die historiese Jesus – sy onderrig, sy lewe en sy kruisiging.