www.bybelkennis.co.za Blog
The Christian life is a process of God breaking our idols one by one – Elisabeth Elliot.
Dissipline van God
God se dissipline is nog ‘n manier waarop God ons beskerm en behou. Die waarskuwings van God lei tot selfondersoek – dit is hoe God ware gelowiges laat volhard. Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe (2 Korintiërs 13:5). En dissipline? Want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem. Verdra die tug as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders (Hebreërs 12:6 – 7).
Sin and the child of God are incompatable. They may occasionally meet; they cannot live together in harmony (John Stott).
Waarskuwings van God
God se waarskuwings is dikwels die manier waarop God verhoed dat sy kinders van die geloof afdwaal. In hulle briewe waarsku die apostels die gemeentes. Broers, julle moet toesien dat daar nooit by een van julle ‘n verkeerde gesindheid van ongeloof ontstaan en hy aan die lewende God afvallig word nie. Maar solank daar nog ‘n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie. Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het (Hebreërs 3:12 – 14); Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir ‘n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie (Hebreërs 12:14).
The mystery of the incarnation is unfanthomable – J. I. Packer
Die oproep om te volhard
Ons word deur die genade van God en deur geloof gered. God se genade stel ons in staat om te glo: Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God (Efesiërs 2:8). God gebruik ons geloof as instrument in ons verlossing. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word (1 Petrus 1:5). Ons is afhanklik van God se werk om ons in staat te stel om Christus te volg, maar ons moet in die geloof volhard. Die teken dat ons volledig met God versoen is, is dat ons in die geloof volhard. Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het (Hebreërs 3:14). Hierdie vers sê dat iets werklik en blywend met ons gebeur het – ons word deel van Christus; ons is deel van Christus se huisgesin. Let wel: ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard.
God is the decisive keeper of my soul – John Piper
Vasgehou deur God
Daar is niks meer belangrik as die toestand van ons siele voor God nie. Al weet ek ek het vryspraak deur geloof in Christus alleen en dat God besig is met ‘n lewenslange proses van heiligmaking in my, voel dit soms vir ons dat die proses pynlik stadig is. Dan kan ons aan ons verlossing begin twyfel. Veral omdat ons soms nog ongeduldig of kwaad word of allerhande begeertes ondervind. Beteken dit dat jy jou verlossing verloor het? Oppas nou vir uiterstes as ons na onsself kyk en ons sonde. Aan die een uiterste kan ons in angs en vrees leef waar ons gereeld oor ons verlossing twyfel. Nou kan ons maklik obsessief of perfeksionisties word. Ons begin twyfel of God werklik ons soos ‘n aardse vader hanteer – en ons reghelp. Die ander uiterste is om te dink dat jy jou geloof in Jesus Christus bely het en daarom het jy “versekering” – jou leefstyl is nie van belang nie. Hierdie is ‘n verwringing van God se genade en kan lei tot ‘n skokkende ontdekking by die finale oordeelsdag: Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree (Matteus 7:23).