Jesus verlaat die hemel om vir ons te sterwe
“Bad men need nothing more to compass their ends, than that good men should look on and do nothing.” – John Stuart Mills
Jesus verlaat die hemel om vir ons te sterwe
‘n Engel kom by Maria en sê vir haar dat sy geboorte aan die Messias sal gee. Wat was Maria se reaksie? Onthou sy het nog nie vir Jesus ontmoet nie – Hy was nog nie gebore nie. Sy kry ‘n wonderlike boodskap wat beskryf wie Jesus is en wat Hy sal doen. Sy reageer op ‘n wonderlike manier. In haar voorbeeld kry ons insigte in hoe ons moet reageer oor al die dinge wat ons aangaande Jesus gehoor het. Daarvoor gaan ons na Lukas 1:26 – 45 kyk.