Ontmoetings met Jesus: Die twee hartseer susters: Marta en Maria (4)
“Have you forgot … the milkhouse, the stable, the barn, and the like, where God did visit your soul?” John Bunyan
Ontmoetings met Jesus: Die twee hartseer susters: Marta en Maria (4)
[Ek maak onder andere van Timothy Keller se boek Encounters with Jesus gebruik.]
In die Johannes-evangelie lees ons van ‘n hele aantal ontmoetings wat Jesus met individue gehad het. In hulle antwoord Hy van die groot lewensvrae. Hier gaan dit oor Jesus se ontmoeting met Marta en Maria. Die vraag wat ons uit hierdie ontmoeting gaan antwoord, is: Wie of wat kan die wêreld weer regstel?
Die vraag waarna ons nou kyk is waarom Jesus mens moes word. In Johannes 11: 38 lees ons: Jesus kom toe, terwyl Hy in Homself diep getref was, by die graf (die direkte vertaling in die Interliniêre Bylel). Eintlik staan hier dat Jesus kwaad was. Vir wie? Vir die dood – die mens se grootste vrees. Maar hoekom maak die dood Hom kwaad? Die bose en die dood is die gevolg van sonde – dit was nie deel van God se oorspronklike ontwerp vir die wêreld nie. God het nie die wêreld vol siekte en lyding en dood gemaak nie.