Ontmoetings met Jesus: Die lid van die binnekring en die uitgeworpene (1)
“The man who desires to know, knows more than the man who knows everything already.” ~ Joodse Spreekwoord
Ontmoetings met Jesus: Die lid van die binnekring en die uitgeworpene (1)
[Ek maak onder andere van Timothy Keller se boek Encounters with Jesus gebruik.]
In die Johannes-evangelie lees ons van ‘n hele aantal ontmoetings wat Jesus met individue gehad het. In hulle antwoord Hy van die groot lewensvrae.
Die vraag wat ons uit hierdie twee ontmoetings gaan antwoord, is: Wat is verkeerd met die wêreld soos dit tans is? Voordat ons voorstelle kan maak oor hoe om die wêreld ‘n beter plek te maak, moet ons eers vasstel wat verkeerd is – diagnose voor voorskrif. In Johannes 3 ontmoet ons vir Nikodemus – ‘n lid van die binnekring, leier in die samelewing en die kerk; in Johannes 4 ontmoet ons die Samaritaanse vrou – ‘n uitgeworpene, ‘n sosiale en morele buitestander.