www.bybelkennis.co.za Blog
Terug na die Ou Testament: Die terugkeer na die Ou Testament (1) – Adrio König
1 Die terugkeer na die Ou Testament
Sommige Christene is vandag ernstig om weer te begin met sekere gebruike wat in die Ou Testament baie belangrik was. En dit beteken ‘n radikale herinterpretasie en herorganisasie van hulle lewe.
Terug na die Ou Testament: Inhoudsopgawe – Adrio König Om dit vir ons lesers makliker te maak om die inhoud te volg, plaas ons hier die inhoudsopgawe. Inhoud 1 Die terugkeer na die Ou Testament 2 Die Sabbat...
Terug na die Ou Testament: Voorwoord – Adrio König
Voorwoord
Dit is een van die moeilikste boeke wat ek nog geskryf het.
Dis nie oor die stof so ingewikkeld is nie. Dis oor ek moet verskil van mense wat naby my staan, gelowiges wat die Here liefhet.
Daarom is dit deurgaans ‘n saaklike bespreking, want as gelowiges kan ons tog ook saaklik van mekaar verskil, en mekaar probeer verstaan en oortuig.
Apollos – Coen Slabber
Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het (1 Korintiërs 3:6).
Wie is hierdie Apollos van wie Paulus hier praat? Apollos was ‘n Jood uit Aleksandrië wat tot bekering gekom het. Hy was ‘n tydgenoot van Paulus en het ‘n belangrike rol in die gemeentes van Efese en Korinte gespeel. In Aleksandrië het hy waarskynlik onder die invloed van Philo, die Joodse filosoof, gekom.