www.bybelkennis.co.za Blog
Epiloog (21:1-25) – Francois Malan
Hierdie Evangelie het begin met ‘n proloog of voorwoord wat ‘n overture is tot die res van die Evangelie, met temas wat in die res van die Evangelie uitgewerk is. Hoofstuk 20 is eintlik die slot van die Evangelie wat alles weer saamvat met ‘n kort opsomming in verse 30-31. Maar daarna verskyn hoofstuk 21 as ‘n epiloog, ‘n naskrif, met verskynings van Jesus aan sy dissipels wat nie in hoofstuk 20 vermeld is nie, en ‘n gesprek met Petrus Dit kon later deur die skrywer aangeheg wees, of is geskryf ná die skrywer van die Evangelie dood is, met ‘n regstelling van die verkeerde verwagting dat die geliefde dissipel nie sou sterf nie (21:23).
Hoekom is Dawid oorgeslaan? – Marius Nel
Leser vra:
Ek het verskillende opinies ontvang, en sal graag julle opinie ook wil hoor – hoekom het Dawid se pa hom nie saam met sy broers voor Samuel laat verskyn nie – toe hy gekom het om hulle te salf. Ja hy was die jongste en moes skape oppas, maar dit klink amper of sy pa van hom vergeet het. Is dit moontlik, het sy pa van hom vergeet(nie eintlik aan hom gedink)of was hy te jonk om aan te dink?
Die doel van die Evangelie (20:30-31) – Francois Malan
Die verse is ‘n eerste afsluiting van die boek, wat begin met die Woord van God wat self God is (1:1) tot die hoogtepunt van Jesus se bediening met Tomas se belydenis en erkenning van Jesus as sy God.
There was never a sinner half as big as Christ is as a Savior. —C.H. Spurgeon
Die vierde Adventskers
Ons het reeds drie kerse aangesteek – dié van hoop, vrede en vreugde. Gister het ons die vierde een aangesteek – dié van liefde. Jesus het vir ons gewys wat liefde waarin jy jouself gee, beteken. Hy was die Goeie Herder. Kersfees is ‘n tyd van dink aan ander en deel met ander. Dit is ‘n tyd van liefde net soos God ons liefgehad het toe Hy sy kosbaarste besitting vir ons gegee het. Soos God liefde is, laat ons ook liefde wees.