Die Apokriewe Boeke (1)
Die Apokriewe Boeke (1) – Jan van der Watt
Die apokriewe boeke bly interessant. Dit is boeke wat amper in die Bybel was en oor “Bybelse sake” handel, maar nie in die kanon ingesluit is nie.
Die apokriewe boeke bly interessant. Dit is boeke wat amper in die Bybel was en oor “Bybelse sake” handel, maar nie in die kanon ingesluit is nie.
Abrie vra:
Ek is op soek na die apokriewe boeke te koop en die boek met die naam Die Skrif. Kan iemand my help?
• Ou-Testamentiese apokriewe
Ons kyk eers na die Ou-Testamentiese apokriewe. Die Bybel wat die meeste Protestante gebruik, het minder boeke as die Bybel wat die Katolieke gebruik. Die ekstra boeke in die Katolieke se Bybel word die Apokriewe boeke genoem.
Sanet Cloete vra:
Ek is op soek na die apokriewe boeke van Henog en Jasher in Afrikaans. Kan julle my dalk help?. Is daar miskien ‘n webblad waar ek dit kan aflaai of die boeke bestel?