Onverstaanbare Uitdrukkings – Hermie van Zyl
Jan Smith vra: In Genesis 24:2 sê Abraham vir sy dienaar: “Lê tog jou hand onder my heup (3) dat ek jou kan laat sweer by die Here … “. In Job 40:2 staan daar: “Gord tog jou heupe soos...
Jan Smith vra: In Genesis 24:2 sê Abraham vir sy dienaar: “Lê tog jou hand onder my heup (3) dat ek jou kan laat sweer by die Here … “. In Job 40:2 staan daar: “Gord tog jou heupe soos...
Sakkie vra:
Ek het vanaand vir ‘n hele ruk op die webwerf gekuier om myself vertroud te maak. Ek het die artikels oor die beskikbare Bybels gelees en die volgende gewonder:
Ek het ook op die internet die e-sword gekry op aanbeveling van ‘n vriendin. Dis, soos ek verstaan, deel van die Rick Myers Ministries. Dis nie waarin ek belangstel nie, maar die beskikbare Bybels. Daar is heelwat Bybels beskikbaar – King James, ens maar ook die 2 Afrikaanse Bybels. Ek vind dit baie interessant om dieselfde teks in meer as een Bybel te lees.
Ek verstaan Bybelkennis is ‘n Afrikaanse webwerf maar ek sal graag jou opinie wil weet omtrent bogenoemde.
Chrisma vra:
‘n Hartlike goeie more. Ek het al die soorte Bybels in Afrikaans(vertalings ens). Omdat ek verkies om die Bybel eerder te lees as ‘n dagboek het ek sowaar vanoggend ‘n probleem. Ek kan nie kies watter Bybel die geseëndste was nie en ek wil nou met ‘n nuwe een begin. Ek lees so ses hoofstukke per dag daarom het ek elke jaar ‘n nuwe Bybel gekoop. Kan u vir my ‘n aanbeveling maak! Dalk ‘n nuwe manier van Bybelstudie doen of die Bybel lees. Maar dan watter Bybel?
Bybelvertaling word bevorder en gekoördineer deur Bybelgenootskappe.