Lewe na 50 jaar ouderdom
The whole life of man until he is converted to Christ is a ruinous labyrinth of wanderings. —Johannes Calvyn
Lewe na 50 jaar ouderdom
Almal is bang vir oud word – wat gaan ek doen; hoe gaan ek my dae omkry … Maar hierdie tyd na 50 jaar is dikwels die beste tyd van jou lewe. God het ons gemaak wat ons nou is: In Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het (Efesiërs 2:10). Die vooruitsigte vir die lewe na 50 is rooskleurig. Hoekom?
- In die tweede helfte van jou lewe is jy meer gefokus en minder geneig om af te dwaal
Bob Buford sê ons behoeftes in die lewe kan in vier konsentiese sirkels verdeel word. Die buitenste sirkel is die behoefte aan geld en om dit te spandeer. Een sirkel na binne is dit wat jy bereik – jou prestasies. Die derde sirkel is jou verhoudings – vrou, kinders, familie en vriende. Die binneste sirkel is jou geestelike behoeftes wat Jesus as die brood van die lewe en lewende water beskryf het. In die eerste vyftig jaar van jou lewe spandeer jy die meeste van jou tyd in die buitenste twee sirkels. Die tweede helfte van jou lewe nooi jou uit na ‘n nuwe balans. Jy beweeg na die binneste twee sirkels.