Die vyfde kolom bedreig die kerk van binne
Life is not measured by the number of breaths we take, but by the moments that take our breath away – Maya Angelou
Die vyfde kolom bedreig die kerk van binne
In 1939, aan die einde van die Spaanse Burgeroorlog staan die rebelleleier, Generaal Mola, buite die mure van Madrid gereeld om die stad in te val. Toe hy gevra is watter van sy vier kolomme eerste die stad gaan binneval antwoord hy: “Die vyfde.” Hy verwys na ‘n groep simpatiseerders in die stad. Hierdie woorde “vyfde kolom” word sedertdien gebruik vir die beskrywing van ‘n verraaier – iemand wat die vyand van binne help.
Die Skrif waarsku die kerk teen ‘n soortgelyke “vyfde kolom.” Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar dan ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën (2 Petrus 2:1). Gedeeltes soos hierdie moet ons op ons hoede stel