Vraag: Wat was Maria se emosies? – Johann Voges
Vraag:
Ek wil graag weet, watse boodskap kan mens kry uit Maria se emosies en hoe sy as ma gevoel het om langs die Kruis te staan tydens Jesus se kruisiging. Wat kan mense hieruit leer?
Dr Johann Voges Antwoord
Die dilemma om jou vraag vanuit ‘n Bybelse perspektief te probeer beantwoord is amper onmoontlik … want die Bybel vertel ons so min van Maria se emosies oor wat met Jesus alles gebeur het … behalwe so hier en daar soos na sy geboorte in Lukas 2 en alles wat daarna gebeur het, sê Lukas “Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haar self daaroor nagedink” (Lukas 2:19) … niks word gesê oor hoe sy gevoel het oor wat Simeon en Anna vir haar vertel het hoe dit haar gaan raak oor wat mense alles met Jesus gaan doen nie (Lukas 2:25-38) (enigste iets buite Bybels hieroor is is Elizabeth Eybers se gedig “Maria” https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/gedig-maria/ ) … daar word ook niks gesê oor haar reaksies by Jesus se kruisiging nie (Johannes 19:25-27). In die kerkgeskiedenis en godsdienskuns (veral in die Rooms Katolieke Kerk) het daar nie net later ‘n “Maria-aanbidding” ontstaan nie maar word sy al meer uitgebeeld as die “lydende moeder” van Jesus, dink byvoorbeeld aan die sogenaamde “pieta” uitbeelding van haar na Jesus se kruisiging deur Michelangelo in die 13 en 14 de eeu … en ook haar uitbeelding in die kuns as die “Stabet Mater dolorosa” in die 13de eeu (die lydende staande moeder by die kruis).
Om verder hieroor te lees, beveel ek die volgende artikels vir aan…
Op ons webtuiste (https://www.bybelkennis.co.za/) die volgende…
“Wat het van Moeder Maria en Jesus se broers geword?” – Jan van der Watt (https://www.bybelkennis.co.za/wat-het-van-moeder-maria-en-jesus-se-broers-geword/)
“Johannes en Maria” – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/johannes-en-maria-francois-malan/)
“Maria se geloof” – Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/maria-se-geloof/)
“Jesus se Moeder tydens sy kruisiging” – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/jesus-se-moeder-tydens-sy-kruisiging/)
“Bly by My – Lukas 2:25-40” – ‘n preek deur Chris van Wyk (https://www.chrisvanwyk.co.za/bly-by-my-lukas-225-40/)
“Stabet Mater dolorosa” (https://en.wikipedia.org/wiki/Stabat_Mater en https://en.wikipedia.org/wiki/Stabat_Mater_(art)
“La Pietà – ‘n Jong Meesterstuk deur Michelangelo” – Kenzly (https://kenzly.com/af/la-pieta-a-young-masterpiece-by-michelangelo/?currency=SCR)
“Die geskenk van die dood” – Nadia Marais (https://kerkbode.christians.co.za/2018/11/12/die-geskenk-van-die-dood/)
Skrywer: Dr Johann Voges