“Human beings by their very nature are worshipers. Worship is not something we do; it defines who we are. You cannot divide human beings into those who worship and those who don’t. Everybody worships; it’s just a matter of what, or whom, we serve.” ― Paul David Tripp
Bonhoeffer (12)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Jesus se volgelinge word opgeroep om vredemakers te wees. Toe Jesus hulle geroep het, het hulle vrede gevind. Hulle het nie alleen vrede nie … hulle moet ook vrede maak. Daarom moet hulle geweld en stryd afsweer. Hierdie dinge bevorder nie Jesus Christus se saak nie. God se koninkryk is ‘n ryk van vrede waarin die mense mekaar met ‘n vredesgroet groet. Jesus se dissipels bewaar die vrede deurdat hulle kies om self te ly sodat ander nie hoef te ly nie. Hulle bly stil ten spyte van haat en ongeregtigheid wat op hulle gerig is. Dit is hoe hulle die bose met die goeie oorwin. Dit hoe hulle vredemakers is in ‘n wêreld vol haat en oorlog.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word (Matteus 5:9)
- As iemand die lewe liefhet en ‘n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na (Psalm 34:13 – 15).
Dink net aan die impak wat gelowiges en kerke op ‘n wêreld vol oorlog en stryd sou hê as hulle weer vredemakers word. Geweld bevorder nooit die saak van God se koninkryk nie. Daarom moet ons vir al die politici en regeringsleiers bid dat hulle vredemakers sal wees.
God van vrede, U gee aan my vrede – leer my om ‘n vredemaker te wees. Amen.