“Many Spirit-filled authors have exhausted the thesaurus in order to describe God with the glory He deserves. His perfect holiness, by definition, assures us that our words can’t contain Him. Isn’t it a comfort to worship a God we cannot exaggerate?” ― Francis Chan
Bonhoeffer (13)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Wie is diegene wat vervolg word? Hier gaan dit oor diegene wat vir ‘n regverdige saak vervolg word. Dit is Jesus se dissipels wat ly as gevolg van hulle optrede. Jesus se dissipels oordeel en tree anders op as die mense van die wêreld. Hulle doen afstand van hulle eiendom, hulle regte, hulle doen afstand van geweld.
Dit maak hulle onaanvaarbaar vir die wêreld; dit is hoekom die dissipels vervolg is. Nie erkenning nie, maar verwerping is hulle beloning van die wêreld. Dit is opvallend dat Jesus sê dat sy dissipels geseënd is … selfs as hulle vervolg word en ly.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van God (Matteus 5:10).
- Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word. Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here. Hy voel hom veilig, hy is nie bevrees nie: hy sal die neerlaag van sy vyande aanskou. Hy gee mildelik vir die armes. Wat hy doen, is reg en blywend. Hy geniet hoë aansien (Psalm 112:6 – 9)
Hierdie is vir ons ‘n moeilike begrip: Hoe kan ‘n dissipel nou geseënd wees as hy vervolg word? Tog is dit wat Jesus sê. Nog ‘n probleem is dat gelowiges en die kerk nie meer onaanvaarbaar vir die wêreld is nie … die wêreld staan apaties teenoor die kerk en gelowiges. Is dit nie omdat ons nie die regte dinge doen nie, want ons is bang vir verwerping en lyding?
Here, gee aan my die insig om te weet wat reg is en maak my gewillig om vir ‘n regverdige saak te ly. Amen.