“Impartiality is a pompous name for indifference, which is an elegant name for ignorance.” – G. K. Chesterton
Woorde
Ek is ‘n groot aanhanger van Henri Nouwen. Luister wat sê hy oor woorde:
Woorde is belangrik. Sonder woorde verloor ons optrede hulle betekenis en sonder betekenis kan ons nie leef nie.
Woorde bied perspektief, insig, verstaan en visie. Woorde kan troos, bemoedig en hoop bring. Woorde kan vrees, isolasie, skande en skuldgevoelens wegneem. Woorde kan vrede bring, verenig, vergewe en genees. Woorde kan vreugde bring – innerlike vryheid en dankbaarheid. Woorde dra liefde op hulle vleuels. ‘n Woord van liefde kan die grootste liefdesdaad wees, omdat ons woorde mens word in ons eie lewens en in dié van ander. Ons kan die wêreld verander.
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon (Johannes 1:14). Jesus is die Woord wat vlees (OAV) gemaak is. In Hom was praat en optrede een.