When God creates faith in a man, that is verily so great a work as if He created heaven and earth anew – Martin Luther.
Bonhoeffer (18)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Net die gehoorsame persoon kan glo. ‘n Konkrete opdrag moet gehoorsaam word as ons wil glo. Die eerste stap wat ons moet neem, is gehoorsaamheid.
Geloof mag nie vroom selfmisleiding – goedkoop genade – word nie. Hierdie eerste stap is belangrik. Dit verskil van al die ander stappe wat volg. Dit is hierdie eerste stap van gehoorsaamheid wat Petrus by sy nette en boot weggetrek het. Dit is die stap wat die ryk jongman weg van sy rykdom moes getrek het. Geloof is slegs moontlik as ons ‘n nuwe bestaanswyse het – een gevorm deur gehoorsaamheid.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg Markus 1:16 – 18).
- Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper! Hy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg (Psalm 95:6 – 7).
Ons moet bid dat ons, ons gesinne en ons vriende die moed sal hê om gehoorsaam te wees wanneer en waarvoor God ons roep.
Genadige God, gee aan my die wysheid dat ek kan sien wat U wil hê ek moet doen en die moed om dit te doen. Amen.