The doctrines of grace humble man without degrading him and exalt him without inflating him. —Charles Hodge
Bonhoeffer (25)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
[As Bonhoeffer van gemeenskap praat, bedoel hy enige byeenkoms van gelowiges, insluitend die gesin.]
Ons eerste plig aan ander in die gemeenskap is om na hulle te luister.
Net soos ons liefde vir God begin as ons na sy Woord luister, begin ons liefde vir ander Christene as ons leer om na hulle te luister. Ons doen God se werk vir ons broers en susters as ons leer om na hulle te luister. So dikwels dink Christene, veral predikers, dat die enigste diens wat hulle kan doen, is om iets aan te bied. Hulle vergeet dat luister ‘n groter diens as praat kan wees. Baie mense soek ‘n simpatieke oor, maar kry dit nie by Christene nie, want Christene praat selfs as hulle moet luister. Maar Christene wat nie na mekaar kan luister nie, sal binnekort ook nie na God kan luister nie. Hulle sal aanhou praat … selfs in God se teenwoordigheid.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- Luister goed na my woorde, neem ter harte wat ek te sê het (Job 13:17).
- Maar my volk het nie na my geluister nie, Israel wou niks met My te doen hê nie. Daarom het Ek hulle laat begaan in hulle koppigheid en hulle het hulle eie sin en wil gevolg. Ag, as my volk maar na My wou luister, as Israel maar my wil wou doen (Psalm 81:12 – 14).
Bonhoeffer maak hier ‘n belangrike stelling: die begin van my liefde vir ander Christene is as ek leer om na hulle te luister. Hoekom vind so baie mense dit so moeilik om te luister?
Here, gee aan my die genade om na U te luister en van U te leer; mag ek ook die genade ontvang om na ander te luister en van hulle te leer. Amen.