The shop, the barn, the scullery, and the smithy become temples when men and women do all to the glory of God! —C.H. Spurgeon
Bonhoeffer (30)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Voorbidding is ‘n daaglikse diens wat Christene aan God en ander verskuldig is. Diegene wat voorbidding vir hulle bure nalaat, ontneem hulle van ‘n diens wat Christene geroep is om uit te voer.
Voorbidding is nie iets vaag en algemeen nie, maar iets baie konkreet. Dit gaan oor spesifieke persone met spesifieke probleme en daarom spesifieke versoeke. Hoe meer konkreet my voorbidding, hoe kragtiger is dit.
Voorbidding is ‘n gawe van God se genade vir elke geloofsgemeenskap en vir elke Christen. God maak hier ‘n groot aanbod, en ons moet dit in dankbaarheid aanvaar. Die tyd wat ons in voorbidding vir ander spandeer, sal ‘n daaglikse bron van vreugde vir God en die gemeenskap wees.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- Ook sal ek nie teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie (1 Samuel 12:23).
- Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U (Psalm 5:12).
In baie Christene en geloofsgemeenskappe is daar duidelik ‘n gebrek aan blydskap. Is dit dalk die gevolg van ‘n gebrek aan spesifieke, konkrete voorbidding?
Here, dankie vir die blydskap om mense in u teenwoordigheid te bring vandag en elke ander dag. Amen.