The shop, the barn, the scullery, and the smithy become temples when men and women do all to the glory of God! —C.H. Spurgeon
Bonhoeffer (31)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Elke optrede van selfdissipline deur ‘n Christen is ook ‘n diens aan die geloofsgemeenskap. Daar is geen sonde in gedagtes, woorde of dade, persoonlik of geheim, wat nie die hele gemeenskap seermaak nie.
As die oorsaak van ‘n siekte in jou liggaam kom, of iemand nou weet waar dit vandaan kom of nie, en of hulle weet in watter lid die siekte vastrapplek gekry het of nie, die hele liggaam word siek.
Net so is dit met die geloofsgemeenskap. Elke lid dien die hele liggaam. Elke lid dra by tot die liggaam se gesondheid – goed of sleg. Hoekom? Want ons is almal lede van een gemeenskap – nie net wanneer ons wil nie, maar altyd. Dit is ‘n geestelike werklikheid wat dikwels in die liggaam ondervind word – soms voordelig, soms destruktief.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar (Romeine 12:4 – 5).
- Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad (Psalm 139:23 – 24).
Voel jou geloofsgemeenskap soos ‘n lewende liggaam waarvan jy ‘n lid is? Hoe kan jy hierdie liggaam beter dien?
Here, dankie dat U my ‘n lid van die liggaam van Christus gemaak het. Bewaar my dat ek nie hierdie liggaam skade aandoen nie. Amen.