Ek is ‘n lidmaat
Let those be thy choicest companions who have made Christ their chief companion. —Thomas Brooks
Ek is ‘n lidmaat
Mense spring van die een gemeente na die ander. Lidmaatskap vandag is ‘n teiken wat gedurig aan die beweeg is. Maar is dit nou belangrik om ‘n lidmaat te wees? Kan ek nie maar sommer net die eredienste bywoon nie?
Lidmate moet besef dat lidmaatskap gepaard gaan met sekere verantwoordelikhede en verwagtings:
- Doeltreffende lidmate is uiteindelik verantwoordelik vir hulle eie geestelike groei.
- Hulle aanvaar en gee die 4 T’s: time, talent, treasure and testimony.
- Hulle gee om vir mekaar.
- Hulle gee aandag. Hulle sien nie net dat Mev X afwesig is nie – hulle skakel en hoor of daar iets verkeerd is.
- Hulle spandeer tyd om nuwe besoekers of gaste te ontmoet en met hulle te praat.
Doeltreffende lidmate is nie net belangrik vir die groei van die gemeente nie, maar vir die groei van die lidmate self. ‘n Gemeente met doeltreffende lidmate kan makliker in die samelewing uitreik.
Is jy ‘n doeltreffende lidmaat of ‘n rustende lidmaat?