Die kanon in die moderne wêreld
“Do All the Good You Can,
By All the Means You Can,
In All the Ways You Can,
In All the Places You Can,
At All the Times You Can,
To All the People You Can,
As long as Ever …
…You Can!”
John Wesley
Die kanon in die moderne wêreld
Die Rooms-Katolieke/Protestantse verdeling oor die samestelling van die kanon duur nog voort. Daar is egter eenstemmigheid dat die kanon uit die Ou Testament en die Nuwe Testament bestaan. Vroeër is hierdie siening uitgedaag. Friedrich Schleiermacher het sekondêre status aan die Ou Testament toegeken. Hy was egter ‘n uitsondering en nie die norm nie.
In die moderne tyd kry ons egter ‘n opbloei van historiese kritiek. Nou word die outeurskap van meeste Bybelboeke met suspisie bejeën. Die samestelling van die kanon word nou as ‘n volledige menslike aktiwiteit gesien en enige Goddelike oorsig oor die proses word ontken. Maar meeste Christene staan teen hierdie gety. Sekere aanpassings is wel gemaak. As filter vir toelating tot die kanon moet die boeke deur apostels geskryf gewees het. Sommige glo dat dit nie noodwendig deur ‘n apostel geskryf moes gewees het nie, maar die apostels het wel die inhoud bepaal. Ridderbos: Jesus Christus gee gesag aan die apostels om sy getuies te wees en om die gesagvolle dokumente te skryf waarop die kerk gebou is. Die kanon is nie die produk van die kerk nie, maar die kerk is die produk van die kanon. ‘n Kernbeginsel wat hieruit voortvloei is dat die kanon gesluit is.
Brevard Childs het hierdie histories-kritiese benadering sterk gekritiseer. Hy glo ons moet fokus op die finale, kanonieke vorm van die Ou en Nuwe Testament. Die evangelical beweging aanvaar vandag verskillende benaderings tot die kanon, maar beklemtoon die Christologiese ontwikkeling van die kanon. Uit hierdie mondelinge en geskrewe getuienis van Christus het die vroeë kerk sy lewe getrek. Die proses waardeur die geskrewe getuienis mettertyd meer prominent geword het, was natuurlik en spontaan.
Opsomming: Die Protestantse kerk met sy wortels in die Hervorming, en in sy luister na die vroeë kerk, aanvaar ‘n kanon van 39 Ou Testamentiese boeke wat nie die apokriewe insluit nie en 27 Nuwe Testamentiese boeke.