Sekularisasie en ons lewe
The tragedy of modern man is not that he knows less and less about the meaning of his own life, but that it bothers him less and less – Vaclav Havel
Sekularisasie en ons lewe
Ons hoor so baie oor sekularisasie, maar wat is dit nou werklik? Dit is die proses waardeur die beslissende idees en instellings van godsdiens geneutraliseer word – godsdienstige idees is van min belang en godsdienstige instellings word gemarginaliseer. Ons moderne manier van dink, word tot ons vyf sintuie beperk.
Tradisioneel is ons lewens in ‘n huis met vensters geleef. Hierdie vensters was soms vuil of stukkend, maar dit was vensters na ander wêrelde. Die moderne lewe word in ‘n huis sonder vensters geleef. Minder en minder van ons lewens word aan God oorgelaat; meer en meer word ons lewens beheer deur ons gebruik van die rede – wetenskap en tegnologie. Die moderne wêreld kom sonder God klaar.
Wat is die invloed van my roeping deur God op sekularisasie?
- Jesus Christus roep ons om Hom te volg. Terselfdertyd wys Hy vir ons op die belang van geestelike dissiplines in ons lewens. Vir Jesus beteken ‘n geestelike lewe nie net ‘n lewe van nadenke nie – dit is ook ‘n lewe van optrede en dien. Ons kan nie net op die pieke leef nie – ons moet afkom na die vallei van die alledaagse lewe waarheen ons roeping ons neem.
- Jesus Christus roep ons na daardie spesifieke geestelike dissiplines wat noodsaaklik is om ons roeping te vervul.