Ek gaan alleen kerk toe
Religion is the sunstance of culture, culture is the form of religion – Paul Tillich
Ek gaan alleen kerk toe
Baie mense kom by die kerk aan as die mense begin sing, kry hulle sitplek, luister na die preek en verlaat die kerk sonder om met iemand te praat. Hulle gee en ontvang geen gasvryheid nie; hulle deel nie hulle laste met ander nie; hulle help nie die swakkes nie; stram verhoudings word nie herstel nie; hulle is nie bly saam met ander nie; hulle huil nie saam met ander nie. Jy kan geen intimiteit in die kerk verwag as jy jou van almal onttrek nie.
Hulle mag voel dat die sang en preek hulle met Christus verbind het terwyl hulle die dele van die liggaam wat langs hulle gesit het, geïgnoreer het. Dit is baie maklik om alleen kerk toe te gaan. Hoekom gebeur dit? Is dit dalk omdat ons niemand ongemaklik in die kerk wil laat voel nie – ons wil geen druk op hulle plaas nie. Lidmate kry die indruk dat dit nie noodsaaklik is om by ander betrokke te raak nie. Ons gee voor mense kan met Christus verbind sonder om met sy liggaam verbind te wees.
Dietrich Bonhoeffer verduidelik dit: “It is the fellowship of the Cross to experience the burden of the other. If one does not experience it, the fellowship he belongs to is not Christian.” You cannot have intimacy with Christ and remain aloof from his body. We cannot worship God the Father and still assert—in word or deed—”I am not my brother’s keeper.”
Ons leef in ‘n samelewing waar intieme verhoudings ‘n rariteit is. Kinders is vervreemd van hulle ouers; kinders is van ander kinders vervreemd. Hulle iPhones is interessanter as die persoon langs hulle. En ons is tevrede daarmee, want dit is deel van ons kultuur. Kan die kerk daarmee tevrede wees?
Ons sing in die donker met vreemdelinge in plaas daarvan dat ons in die lig aanbid met mense wat ons liefhet en vir wie ons omgee. Ons is nie veronderstel om alleen kerk toe te gaan nie, Ons is verantwoordelike vir diegene om ons – ons is dan deel van een liggaam.