Maak vrede
The things you do often create the things you believe – David McRaney.
Maak vrede
Konflik kom oral voor – ook in gemeentes. Die manier waarop ek op konflik reageer sal dinge maak of breek. Daarom gebeur dit dikwels dat mense – veral in die kerk – konflik vermy, want hulle is bang hulle vererger dinge net verder.
Ons weet dat konflik:
- Onvermydelik is – dit kan in die beste van verhoudings voorkom.
- Positief mag wees. Nie alle konflik is sleg nie. Verskillende perspektiewe kan produktiewe dialoog stimuleer, kreatiwiteit aanmoedig en verandering bevorder.
- ‘n Mens mag verbaas. Soms kom dit op die mees onverwagte tye en van die mees onvoorspelbare mense.
- Skadelik is. Konflik beskadig verhoudings, maar ook my geestelike, emosionele en fisiese gesondheid.
- My openbaar. Dit bring die slegste in my na vore; dit stel my hart aan myself en aan ander bloot.
- ‘n Geleentheid is. Hier kan ek leer om myself onder moeilike omstandighede te beheer en ander leer om konflik te hanteer.
Daarteenoor, is om vrede te maak:
- Dit vereis harde werk.
- Vir Christene is dit nie ‘n opsie nie.
- Dit kan selfs beter verhoudings as vantevore tot gevolg hê.
- Ook in die kerk. Daarom is dit ‘n baie goeie geleentheid om te getuig.
- Dit herstel verhoudings en verbeter my gesondheid.
- Sonder die Heilige Gees in my gaan ek nie slaag nie.
Christene is bevoorreg, want hulle het ‘n uitstaande model – Jesus Christus. Sy model as vredemaker moet ons motiveer om ook vrede te maak.