Is ek waarlik ‘n Christen?
We face a changing culture by faith in a changeless Christ. —H.B. Charles Jr.
Is ek waarlik ‘n Christen?
Laat ons tog God nader met ‘n opregte hart en met volle geloofsekerheid (Hebreërs 10:22)
Daar is min vrae wat soveel vrees in gelowiges veroorsaak as juis: Het ek volle sekerheid van my geloof? Geloofsekerheid is kosbaar, want dit is die bron van diepe vrede en vertroosting. Geloofsekerheid is iets wat vertroetel moet word en oor tyd dieper en sterker groei. Dit is ‘n gawe van God.
Iemand wat dit baie goed verstaan het, was John Newton (1725 – 1807).
Assurance grows by repeated conflict, by our repeated experimental proof of the Lord’s power and goodness to save; when we have been brought very low and helped, sorely wounded and healed, cast down and raised again, have given up all hope, and been suddenly snatched from danger, and placed in safety; and when these things have been repeated to us and in us a thousand times over, we begin to learn to trust simply to the word and power of God, beyond and against appearances: and this trust, when habitual and strong, bears the name of assurance; for even assurance has degrees. (Newton on the Christian Life, 220)
God se manier om die gawe van geloofsekerheid te laat groei, is deur ons aan swaarkry te onderwerp. Die proses is ontwerp om moeilik te wees. Beproewing is die manier waarop geloof bewys, versterk en verfyn word. Daarom skryf Jakobus: My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard (Jakobus 1:2 – 3).
Ons kry presies dieselfde in Hebreërs 12:7 – 8: Verdra die tug as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders. Is daar miskien ‘n kind wat nie deur sy vader getug word nie? As julle nie getug word soos al die ander nie, dan is julle nie werklik sy kinders nie. Deur beproewing en swaarkry bewys ons dat ons God se kinders is. Natuurlik lyk dit op daardie oomblik nie soos iets waaroor ons bly moet wees nie. Maar later volg geloofsekerheid.
Maar hoekom het God die proses vir die verkryging van Gloofsekerheid deur swaarkry ontwerp? Newton antwoord:
We cannot be safely trusted with assurance till we have that knowledge of the evil and deceitfulness of our hearts, which can be acquired only by painful, repeated experience. (222)
Soos Petrus wat plegtig belowe het dat hy Jesus nooit sou verloën net enkele ure voor hy die gedoen het nie, besef ons nie die mag van ons sondige natuur nie – en hoe swak ons geloof is. Ons besef nie hoe trots ons is en hoeveel ons op onsself vertrou nie. Dit is beproewings wat veroorsaak dat die onsuiwerhede in ons lewens – vrees, angs, ongeloof, jaloesie, bitterheid, selfsug, ens – na vore bring. Dit is wat God wil hê, want as ons die aaklige sonde in ons lewe raaksien en besef dat ons op ons eie nie daarvan ontslae kan raak nie, soek ons hulp by Christus. Weer Newton:
We can have no security from gifts, labors, services, or past experiences; but that from first to last our only safety is in the power, compassion, and faithfulness of our great Redeemer. (234)
God wil hê dat ons geloof volledig op Christus moet rus. Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe (2 Korintiërs 1:9).
“We are never more safe, never have more reason to expect the Lord’s help, than when we are most sensible that we can do nothing without him.” This is the paradox of assurance. (234)
Newton beskryf hierdie gawe van geloofsekerheid in sy bekende lied: Amazing Grace.
Ek is die naam van kind nie werd –
Wou self my sake reël.
My lewe , kanse, tyd en geld
is nutteloos verspeel.
Genade, onbeskryflik groot –
Daar’s fees, ek is weer tuis.
U Seun bring my – verlore mens –
Weer in die vaderhuis.
[Verse 2 en 4 van Lied 510: Genade, onbeskryflik groot.]
Geloofsekerheid kom deur sterker geloof. Geloof groei sterker slegs deur toetsing.
[Die aanhalings in hierdie gedeelte kom uit Tony Reinke se Newton on the Christian Life uit die hoofstk Battling Insecurity.]