Die Groot Geloofswoordeboek: Sekte
Die Groot Geloofswoordeboek: Sekte
Sekte
Dit is ‘n negatiewe woord wat deur historiese kerke gebruik is, en soms nog gebruik word om groepe te beskryf wat van hulle weggebreek het. Gedurende die laaste drie dekades het die gebruik van dié woord gelukkig afgeneem omdat daar meer kontak tussen denominasies gekom het en meer begrip dat daar baie meer ooreenkomste as verskille is tussen groepe wat mekaar in die verlede onnodig beveg het.
Dit beteken nie dat alles maar goed is nie. Daar is geloofsverskille wat ingrypend is, soms so erg dat Christelike gemeenskap nie regtig moontlik is nie. Maar selfs in hierdie gevalle hoef ons nie neerhalend van mekaar te praat nie.
Skrywer: Prof Adrio König