Kinders het meer as ‘n bomskuiling nodig.
The great majority of persons who have any sort of religion at all bear leaves, but they produce no fruit –Charles Spurgeon.
Kinders het meer as ‘n bomskuiling nodig.
Die beeld van die kernfamilie is vir sommige ‘n vreemde gedagte. Dit is die beeld van ‘n vader en moeder in die middel met die kinders soos satelliete om hulle in ‘n wentelbaan. Hier het ons een van die basiese eenhede in die gemeenskap. J. K. A Smith sê dit laat hom ook aan ‘n bomskuiling dink – ‘n vesting om ons teen die bedreigings van die wêreld te beskerm.
Hierdie beeld is nie heeltemal vergesog nie. Natuurlik is ons bekommerd as dit by die invloed van die wêreld op ons families kom – veral ons kinders. Die Bybel maak die duidelik dat ouers die beskermers van die harte en gedagtes van hulle kinders is. Ouers is verantwoordelik vir hulle onderrig. Dit is net natuurlik dat ons hulle sal beskerm soos wagters wat dophou of daar enige bedreigings nader kom.
Sê nou maar net dat ons nie die ware bedreigings raaksien nie. Elke strategie van ouers aanvaar iets oor die aard van mense. Ons behandel ons kinders soos intellektuele ontvangers. Ons hanteer en beskerm hulle dienooreenkomstig. Ons probeer hulle geloof bevorder deur Bybelkennis aan hulle te voorsien. Geleidelik rus ons hulle toe om ook die vals onderrig van die wêreld te onderskei.
Elke huishouding het ‘n onuitgesproeke “vibe” – die voortdurende agtergrondgeraas afkomstig van ons roetines en ritmes. Dit beïnvloed hoe ons die wêreld sien. Dit kan ‘n melodie wees wat God se begeertes vir die skepping versterk of dit is ‘n melodie wees wat vals is – dit stem nie ooreen met God se lied nie. Ons moet ons harte en huise instem om sy genade te besing. Jy kan elke dag die Bybel lees en steeds ‘n huishouding hê met die ritme van die verbruikersmite. Jy mag Bybelverse teen die mure in elke kamer hê en tog spreek die ritme in die huis van selfgesentreerdheid en nie opoffering nie.
Elkeen van ons moet die roetines in ons huishouding evalueer – veral dié wat ons sommer aanvaar. Ons dink nooit oor hierdie roetines nie. Ons besef nie hulle vormende krag nie Ons dink aan hulle as “dinge wat ons doen.’ Ons dink nooit aan wat hulle aan ons doen nie.