Psalm 19 (4)

image_pdfimage_print

 

Labor is a craft, but perfect rest is an art –  Abraham Heschel.

 

Psalm 19 (4)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Teologiese implikasies

Tradisioneel is aanvaar dat hierdie psalm God se natuurlike openbaring en sy spesiale openbaring langs mekaar sit. Dit moet egter toepaslik verstaan word.

  1. Die hele konsep van openbaring was ‘n poging om die probleme van post-Verligtings denke op te los. Nie een van die twee dele van die psalm praat in terme van openbaring nie. Die eerste deel praat van aankondiging en verklaar. Die hemel openbaar nie iets wat verborge was nie. Dit vestig die aandag op iets wat nog altyd daar was. In die tweede deel kry ons ook nie die openbaring van waarhede wat nie in die natuur bekend is nie.
  2. Die Christelike leer beklemtoon dat algemene openbaring nie voldoende is nie. Verse 2 – 7 impliseer dit op ‘n verskillende manier. Hier word die aandag op die hemele gevestig. Die hemele getuig van God se heerlikheid, maar ook van hulle eie heerlikheid. Vers 8 – 12 gee nooit voor om iets behalwe die heerlikheid van God se onderrig te beklemtoon nie.

 

Gelukkig dat hy in God se wet twee dinge oor God se wil geleer het:

  1. God verwag van ons gehoorsaamheid.
  2. As ons ongehoorsaam was, verwag hy van ons berou en bekering.

Daarom erken die digter dat hy gesondig het; pleit hy dat God hom tog nie sal straf vir verborge sondes. Hy spreek die wens uit dat wat hy sê en wat hy dink vir God aanneemlik sal wees. Ten slotte noem hy God: Here, my Rots en my Verlosser.

 

Baie Christene word gepla deur skuldgevoelens. Hulle is bekommerd dat hulle dalk onwetend sonde gedoen het, iets goeds gedoen het met verkeerde motiewe, iets halfhartig aangepak het of iets wat hulle veronderstel was om te doen, nagelaat het. Ons skuldbesef lei ons na Christus en help ons om reg te lewe. Ons moet egter nie daardeur lamgelê word of vol vrese wees nie. God se vergifnis is allesomvattend en finaal – Hy vergewe ons selfs vir die sonde waarvan ons nie eers bewus is nie.

Onkunde oor wat die natuur en die wet van God sê, bring verwydering tussen God en mens; kennis van hulle openbarings oor God se majesteit en oor sy wil maak die verhouding tussen gelowiges en God rotsvas.

Dit is belaglik om te beweer dat die heelal toevallig ontstaan het. Die orde, verweefdheid en betroubaarheid van die natuur is genoeg bewys dat dit alles kom uit die hand van ‘n Skepper wat intiem betrokke is by sy skepping. Ons moet hierdie dinge raaksien en God dank vir die skoonheid wat Hy geskep het, maar ook vir die waarheid omtrent Homself wat Hy daardeur aan ons openbaar. Paulus verwys na hierdie psalm waar hy verduidelik dat almal van die Here weet omdat sy bestaan en mag deur die natuur geopenbaar word (Rom 1:19 – 20). Elkeen wat na die natuur om hom kyk, moet tot geloof in die liefdevolle Skepper kom. Die mees wanhopige en tragiese mense op aarde is dié wat sê dat daar geen God is nie.

Ons dink dikwels aan God se gebooie as reëls wat ons verbied om vrolik te wees. Hier sien ons net die teenoorgestelde: sy gebooie maak ons vry, beskerm ons, maak ons verstandig  en bring vreugde en lig in ons lewens. Dit is omdat God se gebooie ons riglyne en lig op ons pad is en nie kettings aan ons hande en voete nie. Hulle maak ons bedag op dinge wat ons kan benadeel, maar wys ook vir ons hoe om suksesvol te wees en lei ons dan na sukses.

 

 

 

image_pdfimage_print