Abraham Lincoln se Gettysburg toespaak
And the more I considered Christianity, the more I found that while it had established a rule and order, the chief aim of that order was to give room for good things to run wild – G K Chesterton.
Abraham Lincoln se Gettysburg toespaak
Vier en ‘n half maande na die Slag van Gettysburg reis President Lincoln per trein na Gettysburg om deel te neem aan die toewydingseremonie by ‘n begraafplaas waarin amper 50 000 soldate wat aan die slag deelgeneem het, begrawe is. In totaal was Lincoln se toespraak 272 woorde – tien sinne. Sy toespraak het minder as drie minute geduur. Dit was so gou verby dat die fotograwe nie eers al hulle apparate kon opstel om ‘n foto van die President tydens sy toespraak te neem nie. Voor hom het Edward Everett gepraat. Sy toespraak was 13 607 woorde en het twee uur geduur.
Watter lesse kan ons hieruit leer:
- Langer is nie noodwendig beter nie
Boodskappe, ook preke, het ‘n piek doeltreffendheid. Daarna neem die doeltreffendheid af. Lang preke/toesprake is gewoonlik nie ‘n teken van deeglike voorbereiding nie, maar van swak voorbereiding. Jy het nie die materiaal wat net van perifere belang is, verwyder nie; jy het nie net dit wat belangrik is behou nie. Daar kom ‘n stadium wat lengte negatief werk.
- Impak is nie altyd onmiddellik nie
Ons weet nie wat die onmiddellike impak van ons boodskappe is nie. Dikwels as ons klaar is, dink ons dit was nou nie my beste praatjie nie. Dikwels is dit juis hierdie boodskappe wat God gebruik om ‘n impak te maak.
- Lig mense bokant die onmiddellike en tydelike
Lincoln het sy luisteraars verder as die slagveld by Gettysburg gevoer na ‘n hoër en edeler plek. Hy lig hulle na ‘n “new birth of freedom, and that the government of the people, by the people, and for the people, shall not perish from the earth.” Te veel boodskappe hanteer net die hier en nou. Hoe dikwels dra ons boodskappe die mense hoër as hierdie wêreld na die wêreld wat sal kom.