Alles kom tot niks (2)
G. K. Chesterton stel dit so: “The most extraordinary thing in the world is an ordinary man and his ordinary wife and their ordinary children.”
Alles kom tot niks (2)
The Gospel Coalition is besig met ‘n reeks oor verwarrende gedeeltes uit die Bybel. Kundiges verduidelik hierdie gedeeltes. Vandag kyk ons na die tweede blog oor Tremper Longman se hantering van Prediker 1:2.
Wat is die boodskap van die tweede wyse man?
Daar is ‘n rede waarom hy sy seun aan die Prediker se denke blootgestel het: Hy (die Prediker) het daarna gestrewe om hom raak uit te druk en die waarheid getrou op te teken (12:10). Hy waarsku egter sy seun dat hierdie onderrig ook pynlik kan wees: Die woorde van mense met wysheid is soos skerp stokke, versamelde spreuke is soos spykers wat ingeslaan word. Daarom moet die seun nie ‘n obsessie met hierdie mense hê nie: My seun, wees versigtig! Daar kom nie ‘n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam (12:11 – 12).
Die tweede wyse man sê dat die Prediker ‘n voorbeeld van eerlike denke oor ons huidige lewe is: “Die lewe is moeilik en dan gaan jy dood!” Maar hy gaan verder en moedig sy seun aan om verder as die huidige lewe te dink: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad (12:13 – 14).
Die boodskap van Prediker is duidelik. Die tweede wyse man sê vir sy seun om die regte verhouding met God te ontwikkel en deur daardie verhouding in stand te hou deur God se opdragte te gehoorsaam en te leef in die lig van die toekomstige oordeel. Hy sê dat seun net betekenis in God kan kry – plaas God eerste en al die ander dinge val in plek.
Prediker in die lig van Jesus Christus
Daar word in net een plek in die Nuwe Testament na Prediker se boodskap verwys: Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons toekoms sal laat aanbreek nie. Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend maak wie sy kinders is. die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het (Romeine 8:18 – 20). God het die skepping aan verydeling onderwerp. As die Prediker dus vir betekenis “onder die son” – in die gevalle wêreld – soek, sal hy dit nie kry nie.
Paulus hou egter nie hier op nie: Daarby het Hy die belofte van hoop gegee: die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê (Romeine 8:20 – 21). Christus het in ons plek ‘n vervloekte geword om ons van die vloek van die sondeval te bevry (Galasiërs 3:13). Hy sterf – juis die ding wat die Prediker se lewe betekenisloos gemaak het – om ons van die angel van die dood te bevry. Deur die Prediker-boek in die lig van die Nuwe Testament te lees, rig ons op Jesus in wie ons lewens ware betekenis kry.