Argeologie – Watersisteme
Argeologie – Watersisteme – Daan Pienaar
Een van die belangrikste kommoditeite in dié relatief droë gebied bekend as Siro-Palestina, is water. Dit figureer betekenisvol in die lewe van die mense van die Bybel en daar kan geen ernstiger saak vir hulle wees nie as die gebrek aan water (vgl. 1 Konings 17; Jeremia 14:1-6; Joël 1:20; Haggai 1:11). Dit is die rede waarom water so dikwels in die Bybel genoem word (vgl. Genesis 18:4; 24:16 vv.; Numeri 20; Psalm 23; 42 ens.).
Dit het selfs ʼn metafoor geword vir geloof in die Here bv. dat die gelowiges self ʼn bron van lewende water word (vgl. Johannes 4:13-14). Water het ook die simbool geword van God se seëninge (Jesaja 32:2; 35:6&7 ens).
Dink ook aan die doop wat die reiniging van sonde simboliseer. In die OT moes die priesters hulleself ook reinig voordat hulle diens gedoen het in die tempel (Eksodus 29:4). By die wyding van Leviete moes hulle met water besprinkel word (Numeri 8:7).
Water het natuurlik ook ʼn bedreiging ingehou. Hier kan ons dink aan die sondvloed, die tog deur die Skelfsee (vgl. ook Psalm 18:17; 32:6 ens.).
Dit is genoeg om aan te dui dat water ʼn betekenisvolle rol in die lewe van die Bybelse mense gespeel het;
Watervoorsieningstelsels was ʼn integrale element van enige beplanning in die Bybelse tyd hetsy deur ʼn put, sisterne of ʼn ander vorm van watervoorsiening.
1. Stedelike watervoorsieningstelsels:
Sisterne: Selfs vandag nog word sommige antieke sisterne gebruik. Die mees klassieke voorbeeld is dié by Masada. Die geskiedskrywer Josefus vertel van die volop water wat daar beskikbaar was en dit in ʼn plek waar min reën geval het en geen fontein was nie. Om water beskikbaar te kry, is daar ʼn damwal gebou oor die wadi (droë spruit) noord van die berg en ʼn waterleiding is gebou om die water na die 12 sisterne te herlei. Hierdie damwal het die water van die stortreëns wat some daar voorgekom het, te keer dat dit nie wegvloei nie. Die kapasiteit van die sisterne was om en by 8 miljoen liter. Die water is van die onderste sisterne met donkies na die boonste sisterne gebring om dit makliker toeganklik te maak vir diegene wat op die kruin van die berg gewoon het.
|
Oop sisterne in die Negev gevind. |
ʼn Massiewe sisterne by Masada |
1.2. Ondergrondse stelsels
1.2.1. Hasor:
Uit die negende eeu V.C. is daar ʼn watervoorsieningstelsel by Hasor ontdek. Hierdie stelsel het op ʼn unieke manier die water vir die stad beskerm sodat vyandige beleëringsmagte dit nie kon besoedel nie. Die watervoorsieningstelsel het bestaan uit ʼn vertikale skag wat binne die mure van die stad gegrawe is, ʼn dalende tonnel en ʼn holte of vertrek aan die einde van die tonnel waar die water versamel het. Die skag en die tonnel het oor ʼn trap beskik waarlangs die water vervoer kon word. Van die top tot aan die onderste vertrek is die diepte 40 m. Die dalende skag loop ook nie in die rigting van die fonteine aan die voet van die heuwel nie maar slegs tot onder die watertafel. Die dalende tonnel is ook voorsien van trappe wat uit die kalkklip gekap is. Omdat die kalkklip maklik verweer in water, is daar aan die einde van die tonnel basalttrappe aangebring. Dit was die deel wat van tyd tot tyd deur water bedek kan word namate die watertafel styg en daal.
Die skaggedeelte |
Die dalende tonnel van binne gesien |
Die plek waar die water versamel |
ʼn Skets van die stelsel van bo-af |
Dwarssnitte van Hasor se stelsel |
Die Gallery: Salomo se stelsel |
1.2.2. Megiddo
Sketse van Megiddo se stelsel |
Binne die tonnel van Megiddo |
1.2.3. Gibeon
Gibeon te stelsel: Dwarssnit |
Gibeon: Die trap na onder |
1.2.4. Geser
Gibeon: Die tonnel na buite |
Geser se watervoorsieningstelsel |
1.2.5. Die stad van Dawid
Dwarssnit van die waterstelsel van Jerusalem |
Waterstelsels by Jerusalem. |
2. Die benutting van afloop water
Afloopwaterstelsel |
Qanatstelsel van bo |
Dwarssnit van die Qanatstelsel by Yodfata |
|
|
Afloopwater plaas |
Afloopwater plaas |
Outeur: Prof Daan Pienaar