Hoe verduidelik ons verskille in die Skrif?

 

A dead thing can go with the stream, but only a living thing can go against it – G.K.Chesterton

 

Hoe verduidelik ons verskille in die Skrif?

As jy parallelle verslae van iets het, verwag jy dat hulle moet ooreenstem, veral as jy sê dat hulle deur die Heilige Gees geïnspireer is. Ons weet dat God verskillende skrywers gebruik het om dieselfde gebeure neer te skryf. Hierdie skrywers kan die gebeure uit hulle eie perspektief beskryf met hulle eie literêre styl. Tog verwag ons ooreenstemming in die substans van dit wat neergeskryf is.

 

In die vroeë kerkgeskiedenis was daar al pogings om die evangelies te harmoniseer. Veral in Matteus, Markus en Lukas word dieselfde gebeure beskryf en hulle stem nie ooreen in elke klein besonderheid nie. Hoeveel engele was by Jesus se graf op die dag van sy opstanding? Op watter dag het Jesus en sy dissipels die paasmaal in die bovertek geëet?

 

Sommige teoloë voel dat hierdie verskille wel verduidelik kan word. Ander teolioë, daarenteen, voel dat hulle glad nie verduidelik kan word nie. Hulle voel ons moet net aanvaar dat daar verskille is. Dit sal dan die aanspraak op inspirasie deur die Heilige Gees as vals bewys.

 

Daar is ‘n paar baie moeilike gedeeltes in die Skrif. Selfs geleerdes is nie altyd gelukkig met die antwoorde wat gegee word om die verskille te verduidelik nie. In die oorgrote meederheid van gevalle kan hierdie verskille met mekaar versoen word.

 

 

 

 




‘n Nuwe soort apologeet

 

If Christianity was something we were making up, of course we could make it easier – C. S. Lewis

 

‘n Nuwe soort apologeet

[Apologeet is ‘n verdediger van ‘n geloof, veral die Christendom.]

Apologetiek ondersoek die redelike basis vir die Christelike geloof en hanteer die algemene besware wat mense teen die Christelike geloof het. C. S. Lewis het gesê dat alle Christene apologete is. Die vraag is nie of ek ‘n apologeet is nie, maar watter soort apologeet ek is.

 

Geskiedkundig word apologete as arrogant gesien – onwillig om te luister en nie ingestel op verhoudings nie. Dit is die stereotipe van iemand wat vasberade is om ‘n argument te wen – meganies, arrogant en sonder empatie. Ware apologete moet die verstand en die hart aanspreek. Hy is ook nie die een wat al die praatwerk doen nie – sy eerste taak is om te luister.

 

Tim Muehlhoff stel vier vrae voor om te oorweeg as jy ‘n gesprek met iemand van ‘n ander geloof voer.

 

  1. Wat glo die persoon?

Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande (Spreuke 18:13). Meeste apologete voel dat hulle meeste van die praatwerk moet doen. Hulle sukkel met “agenda-angs” – ‘n angs om alle punte oor te dra. Begin deur te luister en vind uit wat die ander persoon werklik glo.

 

  1. Hoekom glo hierdie persoon?

Ons oortuigings en passie het gewoonlik ‘n geskiedenis wat ons kan terugvoer na die invloede van die familie, persoonlike ondervindings en invloedryke persone. Hy stel ‘n paar moontlike vrae voor: Hoekom dink jy so? Wie het jou oor hierdie sake beïnvloed? Watter boeke/flieks het jou perspektief gevorm? Stem jou en jou ouers se perspektief ooreen?

 

  1. Waar stem ons saam?

Vergelyk, as voorbeeld, die Bybel en die Koran. As ons dit doen, sien ons tot ons verbasing dat beide gelowe waarde aan sekere sleutelvrae heg: Hoe is God? Wie is Jesus? Wat is ons verantwoordelikheid teenoor die armes? Wat is die rol van Gebed? Is daar ‘n finale oordeel? Net so sal ons in gesprekke van mense wat van ons oor geloof verskil, sekere punte kry waaroor ons saamstem.

 

  1. Gegrond op hierdie kennis, hoe moet ek verder gaan?

Met al die kennis tot jou beskikking, is die groot vraag: met hierdie persoon op hierdie tyd en onder hierdie omstandighede, wat is die een ding wat ek moet sê? Let wel: nie drie of vier dinge nie, maar een ding.

 

Watter soort apologeet is jy? Een wat weghardloop van die taak om oor jou geloof te praat? Jy is steeds ‘n apologeet – een wat ondoeltreffend is en onwetend ‘n boodskap uitstuur wat nie juis help nie. Miskien is jy een wat gou in ‘n argument betrokke raak. Miskien is daar beter modelle om te oorweeg. Hulle begin met luister.

 

 

 




Psalm 24 (1)

 

Christian leaders must practice what they preach if they are to see what they preach practiced. —Douglas Milne

 

Psalm 24 (1)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Tema: Jahwe se eienaarskap van die wêreld; voorwaardes om Hom te nader; laat Hom toe in die stad.

Hierdie psalm bestaan uit drie kort afdelings wat min verband met mekaar het. Dit mag selfs wees dat die drie afdelings se oorsprong onafhanklik was. Vers 1 – 2 verklaar dat Jahwe die aarde gevestig het. Daarom behoort dit aan Hom. Vers 3 – 6 bestaan uit ‘n vraag oor die kwalifikasies wat vereis word om in Jahwe se teenwoordigheid te kom, ‘n antwoord en ‘n verklaring dat die sprekers voldoen aan die kwalifikasies. Vers 7 – 10 bestaan uit ‘n opdrag dat die poorte vir die roemryke Koning oopgemaak moet word. Dit word gevolg deur ‘n vraag oor die Koning se identiteit en die antwoord.

 

24:1 – 2: Wie is die God wat die mens in sy heiligdom ontmoet?

Van Dawid. ‘n Psalm.

Hierdie psalm mag verband hou met Dawid se bring van die verbondsark na Jerusalem of met die koning se gereelde viering van die Here se posisie by die verbondsark as Koning.

 

Aan die Here behoort die aarde en alles daarop, die wêreld en dié wat daar woon.

2want Hy het dit op oseane gegrond en op strome gevestig.

Die Here het die aarde vas gevestig en daarom behoort dit aan Hom. Uit hierdie stelling kan ons ‘n paar afleidings maak:

  • Dat die Here gesag oor die hele wêreld het; en
  • Dat die Here deur die hele wêreld erken moet word.

Vers 2 gee dan vir ons die basis vir hierdie stelling. Die Here is die eienaar van die wêreld, want Hy het dit gevestig – Hy het die fondamente van die wêreld gelê. Hy het die wêreld op vaste fondamente gelê. Onder die wêreld is groot reservoirs water. Ons sien dit in die riviere en fonteine wat te voorskyn kom. Tog is die wêreld vas – die Here het dit so gemaak.

 




Bekering: Wat is dit en wanneer is dit?

 

Having the answers is not essential to living. What is essential is the sense of God’s presence during dark seasons of questioning – Ravi Zacharias

 

Bekering: Wat is dit en wanneer is dit?

Word mense in ‘n enkele oomblik bekeer of gebeur dit met verloop van tyd? Of verskil dit van mens tot mens? Hierdie is die vrae wat Scot McKnight antwoord in sy blog. Navorsing sê dat mense tot die Christelike geloof op een van drie maniere bekeer word:

  • Deur ‘n proses in die kerk waar hulle in die geloof opgelei word.
  • Deur voortdurende blootstelling aan die sakramente.
  • Deur ‘n persoonlike besluit.

 

McKnight sê dat by almal se bekering, maak die saak op watter manier nie, ses dimensies betrokke is. Bekeerlinge kom uit

  1. ‘n Konteks as gevolg van
  2. Een of ander krisis. Die krisis gee aanleiding tot
  3. ‘n Soeke na ‘n oplossing. Hierdie soeke lei na
  4. ‘n Ontmoeting of interaksie met iemand of iets wat bekering voorstel. Hierdie ontmoeting lei tot
  5. ‘n Toewyding en

As ons verskillende ondervindings ondersoek, sien ons sekere patrone wat ontwikkel. Jode wat hulle tot die Christelike geloof bekeer, volg ‘n sekere patroon. Dieselfde geld vir Protestante wat Rooms Katolieke word en Katolieke  wat Protestante word. Verbasend is dat diegene wat die Christelike geloof verlaat ook ‘n herkenbare patroon volg.

 

Wat duidelik is uit al hierdie navorsing is dat bekering ‘n proses is. Gemeentes moet sensitief wees vir die verskillende kontekste van mense sodat elke persoon die geleentheid het om die genade van God op verskillende maniere te ondervind.