Hoekom toewyding gegrond op my roeping teen-kultureel is

“Press forward. Do not stop, do not linger in your journey, but strive for the mark set before you. Fight the good fight of faith, and God will give you spiritual mercies.” – George Whitefield

 

Hoekom toewyding gegrond op my roeping teen-kultureel is

Mense word beledig deur formele lidmaatskap van die gemeente. Mense wil verhoudings op hulle eie voorwaardes vorm – nie op voorwaardes wat van bo af kom nie. Formele lidmaatskap beteken dat ek my aan gesag onderwerp. As ek lidmaat van ‘n gemeente word, gee ek aan ander gelowiges die gesag om my te onderrig oor hoe ek my lewe moet leef. Dit is die probleem. Ons kultuur is skepties oor enige gesag.

 

Die Bybel sê dat universele skeptisisme oor gesag dwaas is. Die idee om gesag te verwerp, het nie sy oorsprong in ons geslag nie – die slang in die tuin het dit reeds gedoen. Hy plant ‘n leuen in Eva se gedagtes dat God nie kan liefhê en terselfdertyd “nee” kan sê nie.

 

Die Bybel verseker ons dat die basiese konsep van gesag goed is. Die mees basiese stap in ons bekering is juis om God se absolute gesag oor die heelal te erken en te erken dit is vir ons beswil. Elke keer as gesag reg gebruik word, bewys dit dat die waarheid teenoor Satan se leuen seëvier. Kyk net na enkele voorbeeld van hoe die skrywers van die Bybel onderwerping aan gesag as integraal tot die uitlewing van die evangelie sien.

  • Efesiërs 5:16: die beste gebruik van ons tyd.
  • Titus 3:1: hoe ons ons vir elke goeie werk gereed te maak.
  • 1 Petrus 2:12: hou jou optrede onder die heidene eerbaar.

 

Om mense te roep om lidmate van die gemeente te wees, druis in teen hulle basiese aannames as mense. Maar dit is ‘n geveg wat die moeite werd is om te veg, want om aan hulle die basiese goedheid van daardie gesag te wys, is om vir hulle God te wys,

 

 




Wat beteken inspirasie?

 

When our Lord says, we must be converted and become as little children, I suppose He means also, that we must be sensible of our weakness, comparatively speaking, as a little child. – George Whitefield

 

Wat beteken inspirasie?

Die hele Skrif is deur God geïnspireer (2 Timoteus 3:16)

Hierdie teks verwys nie net na die manier waarop God sy inligting aan ons gekommunikeer het nie. Die klem hier val op die bron van daardie inligting. Letterlik beteken die woord wat hier deur Paulus gebruik word  dat dit deur God uitgeasem is.

 

Maar wat is die verskil tussen inasem en uitasem? As Paulus sê dat God die Skrif uitgeasem het, sê hy dat die bron God is. Dit is sy woord; Hy is die bron van hierdie skrywes. Ons kan sê dat Hy die superintendent van die Skrif is. [Superintendent = iemand wat toesig hou – HAT] God laat nie toe dat die menslike skrywers reageer volgens hulle eie insig nie – hulle eie verbeelding volg nie. Hulle kan nie hulle verbeelding gebruik om te skryf wat God volgens hulle gedoen het nie. God, deur sy Heilige Gees, tree as superintendent op. Hy maak dus seker dat wat geskryf word sy woord is.

 

 




Ek weet nie wat my roeping is nie

God is well pleased when all our actions proceed from love, love to Himself, and love to immortal souls.” – George Whitefield

 

Ek weet nie wat my roeping is nie

Ons hoor dikwels woorde soos roeping en sending, maar weet ons wat dit beteken? Ken ek my roeping? Hier is ‘n paar dinge om te onthou:

  • Om ons roeping te ontdek vereis tyd

Geduld en volharding is eienskappe wat ons nodig het tydens ons reis om ons roeping te ontdek. Daar is natuurlik mense wat onmiddellik geweet het wat hulle roeping is, maar die meerderheid van ons het tyd nodig. Geduld en volharding is nodig, want ons moet nuwe dinge leer, ontwikkel, ens. Ons begin dikwels sonder ‘n idee wat ons moet doen.

 

  • Ander mense se roeping lyk goed

Soms is ons haastig. Ons wil nie uitvind wat ons spesifieke gawes is nie. Ons wil die wêreld verander – nou. Dan kyk ons na ander se roeping om kitsantwoorde te kry. In plaas daarvan om stil te staan, na te dink en te bid daaroor, begin ons sommer in ‘n rigting loop. Jy aanvaar sommer ‘n ander persoon se identiteit – jy loop in dieselfde rigting na dieselfde plek. Maar mettertyd vind jy uit dat jy besig is om in die verkeerde rigting te loop. As ons nie die tyd gebruik om uit te vind wat ons ware roeping is nie, sal ons allerhande interessante dinge vir die verkeerde redes najaag. Ons doen nie dié dinge wat ons veronderstel is om te doen nie. Ons mag vir ‘n tydjie goed voel, maar mettertyd vervaag alles.

 

  • Ons word geroep om in ons huidige konteks te lewe

Om die wêreld te verander lyk nie altyd soos ons dink dit moet lyk nie. Dit gebeur ook selde in ons tydsraamwerk. Ons word geroep om geduldig lief te hê en te werk. Maak nie saak wat die omstandighede en plek is waar ons ons bevind nie, ons het take om te doen – nou en hier. Al hierdie take verander die wêreld. Ons mag groter drome hê, maar ons sal nie daar uitkom as ons nie eers leer hoe om nou goed te leef nie.

 

Om my roeping te ontdek, is nie maklik nie. Volhard in jou soeke. Daar is dinge wat ons kan doen om ons met die proses te help.

  • Praat daaroor. Bespreek jou drome, idees, frustrasies en teleurstellings met ‘n groepie mense Dit gee vir jou ruimte om alles te verwerk; dit bemoedig jou; mense sal vir jou sê as jy op die punt staan om iets dwaas te doen.
  • Trek voordeel uit situasies wat met ons doel verband hou. God eer ons rentmeesterskap en getrouheid om ons roeping te koester.
  • Herinner jouself wie jy vir God is. Maak nie saak wat jou huidige situasie en roeping is nie, jy is ‘n kind van die Koning. Van die gerusstellendste woorde wat ons kan hoor, is God se versekering dat Hy ons lief het. Hy sien ons getrouheid raak. Hy gebruik ons nou om ons vir later voor te berei – al sien ons dit nie raak nie.

 

 

 




Wie is my rolmodel?

 

There is no saint without a past, no sinner without a future – Augustinus

 

Wie is my rolmodel?

Nabootsing is ‘n tema in Paulus se brief aan die Filippense. Later gebruik Paulus vir Timoteus en Epafroditos as voorbeelde wat geëer en nagevolg kan word. In Hoofstuk 3 sê Paulus dat die gemeente sy voorbeeld moet volg. Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel (3:17).

 

Ons kan baie rolmodelle in die lewe navolg, maar ons moet altyd onthou dat Jesus ons voorbeeld par excellence is. In Filippense 2:6 – 11 lees ons van sy nederigheid, sy volmaakte lewe, sy kruisiging en sy verheerliking.

 

Is ons bereid om sy voorbeeld na te volg?